Logos Multilingual Portal

Select Language



[ No Biography for this Author ]

alles is gevaarlik. As dit nie so was nie, sou die lewe nie die moeite werd gewees het nie
as jy wil weet wat \'n vrou werklik bedoel, kyk na haar, moenie na haar luister nie
daar is baie dinge wat ons sou weggooi as ons nie bang was dat iemand anders dit mag optel nie
daar is iets tragies omtrent die feit dat net nadat die mens \'n masjien uitgevind het om sy werk te doen, hy begin het om honger te ly
daar is net een ding op aarde erger as dat daar oor jou gepraat word, naamlik dat daar nie oor jou gepraat word nie
daar is niks in die wêreld vergelykbaar met die toewyding van \'n getroude vrou nie. Dit is iets waarvan die getroude man nie die vaagste benul het nie
die groot gebeurtenisse van die wêreld vind in die brein plaas
die liefde is nie blind nie, maar versiende: die bewys lê daarin dat dit begin om tekortkominge te sien wanneer dié besig is om geleidelik te verdwyn
die mens is ’n rasionele dier wat altyd sy humeur verloor wanneer daar van hom vereis word om op te tree volgens die voorskrifte van die rede
die openbare mening is \'n poging om die onkunde van die gemeenskap te organiseer en dit te verhef tot die waardigheid van fisiese mag
die publiek het \'n onversadigbare nuuskierigheid om alles te weet, behalwe dit wat die moeite werd is om te weet
dis volstrek monsteragtig hoe mense deesdae rondgaan en dinge agter jou rug sê wat absoluut en volledig waar is
dit is net oor dinge wat ’n mens nie interesseer nie dat jy werklik ’n onpartydige mening kan uitspreek, wat ongetwyfeld die rede is waarom ’n onpartydige mening altyd totaal waardeloos is
dit is omdat die mensdom nie geweet het waarheen hy op pad was nie dat hy sy weg kon vind
ek bewonder mans bo sewentig, hulle bied ‘n mens die toewyding van ‘n leeftyd
ek glo nie in wonderwerke nie. Ek het al te veel gesien
ek het eenvoudige smaak. Ek is altyd tevrede met die beste.
ek is dol oor politieke partye. Dis die enigste plek wat oorbly waar mense nie politiek praat nie
ek is mal oor gesels. Dikwels praat ek met myself, net om myself te hoor praat. Soms is ek so slim dat selfs ek nie verstaan wat ek gesê het nie
ek is nie jonk genoeg om alles te weet nie
ek kan brute geweld verduur, maar brute redelikheid is totaal ondraaglik
ek sê gewoonlik wat ek dink. Maar deesdae is dit ’n ernstige fout, aangesien ’n mens gevaar loop om misverstaan te word
enigeen kan simpatiseer met die lyding van ʼn vriend, maar dit vereis ʼn verfynde geaardheid om met ʼn vriend se sukses te simpatiseer
ervaring - dis eenvoudig wat ons ons foute noem
hierdie spanning is verskriklik. Ek hoop dit hou aan
in hierdie wêreld is daar net twee tragedies: die een is om nie te kry wat ’n mens wil hê nie, en die ander is om dit te kry
jongmense aanvaar deesdae dat geld alles is, en as hulle ouer word, weet hulle dit
jy hoef maar net \'n persoon te verbeter om hom te ruïneer
mense word in twee groepe verdeel – die regverdiges en die onregverdiges – en dit is die regverdiges wat die verdeling doen
moet nooit verduidelik nie. Jou vriende het dit nie nodig nie en jou vyande sal jou in elk geval nie glo nie
om deesdae \'n goeie opvoeding te gehad het, is \'n nadeel, omdat dit jou van soveel dinge uitsluit
ons moet beskeie wees en terselfdertyd onthou dat die ander minderwaardig is aan ons
opvoeding is \'n lofwaardige ding, maar dis goed om soms te onthou dat wat regtig wetenswaardig is, nie aangeleer kan word nie
pessimis: iemand wat, wanneer hy \'n keuse van twee euwels het, albei kies
plig is wat ’n mens van ander verwag
selfsug is nie om te lewe soos ’n mens wil nie, maar om ander te vra om te lewe soos jy self graag wil
solank oorlog as boos beskou word, sal dit steeds sy betowering behou. Indien dit as vulgêr afgemaak word, sal dit ophou om populêr te wees
soms kan ons jare deurbring sonder om hoegenaamd te lewe, en skielik is ons bestaan gekonsentreer in ’n enkele moment
telkens wanneer mense met my saamstem, voel ek dat ek verkeerd moet wees
vergewe altyd jou vyande; niks maak hulle so vies nie
vroue is lief vir ons oor ons tekortkomings. As ons genoeg daarvan het, sal hulle ons alles vergewe, selfs ons enorme intellek
wanneer dit gaan oor gewigtige sake, is styl noodsaaklik, nie opregtheid nie
werk is die toevlug van mense wat niks beters te doen het nie
\'n mens se regte lewe is gewoonlik die een wat jy nie lei nie
ʼn sigaret is die perfekte tipe van ideale plesier. Dis voortreflik, en laat ʼn mens onbevredig. Wat meer wil jy hê?
’n mens behoort altyd regverdig te speel as jy die wenkaarte in jou hand het